Edition / Uitgawe Apr 2021

Vincent Brümmer (1950), vermaarde godsdiensfilosoof oorlede

Vincent Brümmer (1950) is op 30 Maart 2021 by sy huis in Utrecht in Nederland oorlede. Hy was ‘n wêreldbekende teoloog wat in Stellenbosch gebore is, maar die grootste deel van sy lewe in Nederland gewerk het. Hy is ‘n neef van Guillaume Brümmer, kleinkind van die skrywer C J Langenhoven.

Op Netwerk24 het uit die pen van Old Boy Anton van Niekerk (1971) en mede-filosoof ook ‘n besondere huldeblyk verskyn onder die opskrif: Hy het filosofie gedóén.

Ons haal aan: “Prof Vincent Brümmer, vermaarde godsdiensfilosoof van Utrecht  is op 30 Maart in die ouderdom van 88 jaar oorlede. Daarmee het die wysgerige gemeenskap hier en internasionaal een van hul kleurrykste en invloedrykste figure verloor.”

Die volledige artikel kan by hierdie skakel gelees word: https://www.netwerk24.com/Stemme/Menings/hy-het-filosofie-gedoen-20210407.

Sy moeder Ettie was ‘n onderwyseres aan Paul Roos (sien foto, verskaf deur die Argief).

In die foto hierby word in ‘n Paul Roos Old boys-nuusblad van 1999 geskryf oor hoe hy Nederland se hoogste ridderorde ontvang het, naamlik die orde van die Nederlandse Leeu. Ons bedank Mariena Kotze van die Argief vir hierdie twee bydraes oor hom.