Edition / Uitgawe Apr 2021

Voorsittersverslag / Chairman’s report

Geagte Old Boy

Ons hoop 2021 het goed afgeskop vir almal. Die Covid-pandemie maak dat ons almal nou “branderplankryers” moes word: ons lê almal in die see en wag vir die volgende golf om te kom.

Die gewag is egter nie ideaal vir beplanning nie en daar het nie iets noemenswaardig plaasgevind in die eerste kwart van die jaar nie, hoewel daar baie beplanning was. Die klasgroepe van 1971 tot 1975 is besig om ‘n Lenteloop en boomplantdag te reël in samewerking met Cape Nature. Al die Old Boys is welkom om saam te loop. Baie dankie aan die Lenteloopkomitee vir die reëlings.

We had to reschedule the following dates, subject to Covid conditions:

  • Paul Roos Classic Golf Day (annual fundraiser) to 28 May at Stellenbosch Golf Club;
  • London and Benelux reunions to later this year;
  • Captains’ Dinner to 12 August 2021; and
  • Mass reunion/AGM to 15 October 2021.

Die Uitvoerende Komitee van die OSU het ook so ‘n  effense gedaanteverwisseling ondergaan en ons is baie positief oor die jong bloed wat nou deel is van die span.

Die pollas begin al hoe meer momentum kry en daar is reeds twee pollas (Londen en Helderberg) wat deelneem aan die “Ondersteun ‘n Paul Rooser”-projek. Dankie vir almal se ondersteuning en die organiseerders van die onderskeie pollas.

The term of the current executive committee ends with the Mass Reunion/AGM and we, therefore, ask that you consider making yourself available for election. We are always looking for Old Boys, young and old, to contribute to the growth of the Old Boys Union and network.

Stay safe and hopefully we can all get “out of the water” and stop waiting for the next Covid wave

Greetings from your Old Boys Committee and chairman

Gustav Potgieter

083 302 1525gustav@aurumtrust.co.za