Edition / Uitgawe Apr 2021

US en Paul Roos Gimnasium span saam vir krieketontwikkeling

‘n Kunstenaarsvoorstelling van hoe die fasiliteit en omliggende velde sal lyk na voltooing.

Stellenbosch University and Paul Roos Gymnasium have signed an agreement to develop a self-sustaining indoor cricket facility on the school’s property, facing the main cricket oval. SU will furthermore develop a multi-purpose sports field on a designated portion of its property adjacent to the new indoor facility.

Bouwerk het vroeg vanjaar afgeskop om ‘n binnenshuise krieketfasiliteit van sowat R15 miljoen gesamentlik vir Paul Roos Gimnasium en Stellenbosch Universiteit te ontwikkel.

Volgens prof Stan du Plessis, uitvoerende bedryfshoof van die Universiteit gaan dié fasiliteit ‘n reuse rol speel om die gehalte van krieketontwikkeling op Stellenbosch te verhoog.

Befondsing van Remgro, die US en Paul Roos Gimnasium het die ontwikkeling moontlik gemaak. Die fasiliteit sal deur alle betrokke partye gebruik word.

Mnr André van Staden, rektor van Paul Roos Gimnasium, meen die krieketfasiliteit gaan groot waarde tot die skool se krieketprogram toevoeg. Hy is ook opgewonde oor die samewerking met die SU wat gelei het tot die vestiging van ‘n fasiliteit wat deur studente en die breër gemeenskap benut sal word.

‘n Sooispitseremonie is op Dinsdag 23 Maart 2021 gehou en deur beheerliggaamlede, personeellede en leerders van Paul Roos Gimnasium bygewoon tesame met verteenwoordigers van Remgro, Stellenbosch Universiteit, Stellenbosch Academy of Sport, projekbestuurders en kontrakteurs wat by die projek betrokke is.

By die geleentheid is Piet Botha bekend gestel as die nuwe hoof van krieket by PRG. Hy het vanjaar begin en sal in beheer van die binnenshuise krieketfasiliteit wees. Sy oogmerk is om ‘n professionele krieketkultuur by die skool te vestig en sodoende standaarde te verhoog. Hy is oortuig dat dit jong spelers wat ‘n professionele loopbaan oorweeg, na die skool sal lok.

Van links staan prof Stan du Plessis (US), Piet Botha (PRG hoof van krieket), prof Wim de Villiers (US rektor), mnr André van Staden (PRG rektor), Rob Benade (Stellenbosch Academy of Sport), Roelou Slabbert (voorsitter van die PRG beheerliggaam). 

Fotokrediet: Jacques Vermooten


Oorspronklike nuusverklaring (basis van verklaring) is deur Petro Mostert van US uitgereik en aangepas met die gedeelte oor funksie wat gehou is (bygevoeg) deur Luna Paige.