Edition / Uitgawe Oct 2021

Nuwe Mediasentrum in gebruik geneem

Paul Roos Gymnasium unveiled its new J.F. Marais Media Centre on Tuesday, 31 August. The event was attended by representatives of the school and its governing body, donors and members of the project team.

The facility was officially unveiled by Arend de Waal, Chairman of the Het Jan Marais National Fund (HJMNF), a major contributor to the project. “We value the involvement and donations of our old boys and the long-standing relationship with HJMNF without whom this project would not have been possible. As a government school it is imperative to have partners that share in the school’s vision for academic excellence,” says Rector André van Staden.

The Media Centre replaces the original library which was established in 1901 and was named after the school’s first South African rector, Dr J.F. Marais (1897-1901), who tragically drowned at Rooiels in 1901.

Die biblioteek is in 2019 tydelik gesluit en in 2020 is daar besluit om die oorspronklike biblioteek in ’n moderne Mediasentrum te omskep. Naas skenkings van verskeie Old Boys het die OSU self ook ‘n finansiele bydrae gelewer om die Mediasentrum tot stand te bring.

Die nuwe Mediasentrum vereenselwig Paul Roos se tradisies en waardes met moderne onderrig- ​​en leermetodes en hulpmiddels. Dit spog met ’n versameling fiksie- en nie-fiksieboeke wat daarop gemik is om Paul Roosers se akademiese navorsings- en leesbehoeftes te ondersteun. Dit bevat ook ’n indrukwekkende versameling gepubliseerde werke wat oor en/of deur Old Boys geskryf is.

Die ontwerp sluit in sewe studie-areas wat voorsiening maak vir ’n verskeidenheid leerscenario’s – van selfstudiehokkies, ’n oop klaskamerruimte en ’n ontspanne leesarea tot ’n virtuelerealiteit-kajuit om maar enkeles te noem. Die VR-kajuit stel leerders in staat om plekke wat normaalweg onbereikbaar sou wees, te verken en te beleef, byvoorbeeld Europese kunsmuseums, die buitenste ruimte, ensovoorts. Me. René Walsh, bestuurder van die Mediasentrum, is opgewonde om vir Paul Roosers ’n ruimte te bied wat hulle onderskeie belangstellingsvelde aanspreek: “Ek het geen twyfel nie dat ’n ruimte van hierdie aard ons seuns sal aanmoedig om meer tyd deur te bring met die geskrewe woord, om sodoende ’n groter waardering daarvoor te ontwikkel en hulle algemene kennis uit te brei.”

Die sentrum bevat verder ’n aparte wegbreekkamer, die “Portchie-kamer”, vernoem na die bekende Paul Roos Old Boy, vriend en kunstenaar, Portchie. Die vertrek huisves die skildery “Broederskap”, wat deur Portchie geskenk is en wat verteenwoordigend is van hierdie kernwaarde wat by elke Paul Rooser ingeskerp word. Die kamer huisves ook ’n verskeidenheid spesiale versamelings, klassieke literatuur, poësie, uitvoerende kunste, musiek, kuns en musiekboeke.

Die Mediasentrum se strategie is daarop gemik om ’n integrale deel van die skool se akademiese en kulturele spilpunt te wees en bied ’n ideale ruimte vir aktiwiteite soos skaak- en debatskompetisies, boekbekendstellings en resensies.

The project team: Adriaan van Hoogstraten  (Adriaan van Hoogstraten Projects), Hayley Mouton  (tv3 Architects), Francois Malan (De Leeuw Group), André van Staden ( PRG Rector), Roelou Slabbert (PRG Governing Body Chairman) and Edwin Swanepoel (tv3 Architects)

Photo: Jacques Vermooten