Edition / Uitgawe Oct 2021

Bottelary-bewarea vier tien jaar van bergfietsroetes

Tien jaar van bergfietsroetes in die Bottelary Heuwels Renosterveld Bewarea is oor die eerste naweek van Oktober gevier met georganiseerde byeenkomste, insluitende staptogte in Koopmanskloof en op Mooiplaas,  en wynproeë op verskeie plase. 

Die  eerste Bergfiets en Eko-naweek (“BHRC MTB & ECO Weekend”) is goed ondersteun en sal waarskynlik ‘n jaarlikse gebeurtenis word.

Tielman Roos (1974) van Mooiplaas is die voorsitter van die Bewarea, bekend vir sy wonderlike uitsigte op omringende en verafgeleë berge, wingerde en die see.  Tielman het besoekers, waaronder ‘n klompie ou klasmaats van 1974, op die Sondagstap begelei. Die sirkelroete strek oor 5,6 km in die heuwels bokant Mooiplaas. Die veld was besonder mooi met talle bolplante vol in die blom.

Agterna is die stappers getrakteer op ‘n proe van Mooiplaas se topwyne en het die 74-klasmaats nog lank gekuier rondom ‘n braai op hierdie geskiedkundige plaas. Op die skilderagtige Koopmanskloof is die bekendstelling gehanteer deur Marlize Smit, dogter van die legendariese oom Stevie Smit, dryfkrag agter die stigting van die Bewarea en ‘n voormalige voorsitter.

Volgens Christell Liebenberg, bestuurder van die Bewarea, word die ombrengs uit die verkoop van permitte aan bergfietsryers vir indringerplantbeheer aangewend, maar voortaan gaan die inkomste uit nuwe en beplande staproetes en roetes vir veldwedlope (“trail runs”) vir gemeenskapsontwikkeling aangewend word. 

Oor die afgelope dekade is die bou en instandhouding van die bergfietsroetes met behulp van plaaslike jongmense gedoen, en sodoende  is werk en ervaring aan talle mense verskaf. Nuwe enkelspoor- (“single track”) roetes op Wolwedans, Jordan en Fort Simon is onlangs bygevoeg. ‘n Nuwe staproete word vir Neethlingshof beplan en die nuwe 62 km-lange Polkadraai-veldwedlooproete teen sonsondergang behoort ‘n gewilde nuwe toevoeging te word tot die Bewarea se aktiwiteite.

If you are keen to explore the trails or hikes throughout the year, you can purchase an annual permit online or obtain a day permit from various park and ride starting points. For more information on day and annual permits visit www.bottelaryconservancy.co.za. The BHRC is a registered non-profit organisation (063-324-NPO) that forms part of the Cape Winelands Biosphere Reserve. The core focus of the BHRC is to maintain, expand and sustain the large tracts of remaining Renosterveld in the area – less than 4% of the original Renosterveld in the Western Cape remains.