Vere Bosman di Ravelli was die naam wat Jan Gysbert Hugo Bosman, waarskynlik ‘n matrikulant van 1898 aan die toenmalige Stellenbosch Gimnasium, aangeneem het toe hy die eerste gebore Suid-Afrikaner word om as pianis erkenning in die buiteland te verwerf.
Vandag het hy amper vergete geraak, in so ‘n mate dat die samestellers van die Paul Roos 150-feesboek, nie eers na hom verwys nie.
Hy was ‘n baanbreker op die gebied van die Afrikaanse kunslied, terwyl sy tydskrifartikels oor musiek die eerste was wat in Afrikaans verskyn het. Hy het volgens W.E.G. Louw tot met sy dood “iets van ‘n byna ouderwetse hoflikheid, elegansie en wellewendheid behou”.
Volgens die FAK (aanlyn) is hy op 24 Februarie 1882 as Jan Gysbert Hugo Bosman op Piketberg gebore en het uit ’n musikale familie gekom. Sy broer wat tien jaar ouer as hy was, het klavier gespeel en sy suster was ’n student van die bekende musikus FW Jannasch. Hy het sy eerste musieklesse van haar af ontvang.
Nadat hy die destydse matriekeksamen afgelê het, het hy ingeskryf vir ’n kursus in moderne en klassieke tale aan die Victoria-kollege op Stellenbosch, maar hy het nie die kursus voltooi nie.
Op 1 Oktober 1899 het hy met die Briton na Europa vertrek om as konsertpianis aan die konserwatorium van musiek in Leipzig opgelei te word. Ondanks sy gebrekkige musiekagtergrond is hy as student aanvaar en musiekopleiding onder prof. Alexander Winterberger, ’n leerling van die komponis Franz Lizst, deurloop.
Bosman wrote an autobiography, Saint Theodore and the Crocodile. According to the cover blurb the book is the remarkable story of a remarkable South African, once a concert pianist of considerable renown and one of the world’s most brilliant interpreters of Chopin.
“His story, rich in anecdote, is studded with the names of the great as he relates his meetings with the famous and the infamous as well as the crowned heads of Europe. His reminiscences take the form of a series of conversations with friends during a visit to Venice.”
In the book he recounts how at school “on Sunday mornings we all had to attend divine service in the Dutch Reformed Church. The minister never prayed for less than twenty minutes and never preached for less than forty. So in order not to be lulled to sleep by the booming of the deep voice, I put a Latin book in my Bible and read it.
“When this was discovered by one of the senior boys there was a fine scandal. The minster was one of the guardians of our hostel. I was hauled up before him. ’Why did you do it?’ he asked.
“’Why?’ I asked in surprise. ‘Because I was bored.’
“’Bored!’ he boomed. The end of the matter was that my uncle had an interview with the minister, pointing out to him the he was expecting something impossible from a small boy. The affair was settled, but the boys were very divided in their opinion of my conduct and I am afraid I gradually drifted into the ‘go to hell squad’”.
Bosman het braanbrekerswerk vir die Afrikaanse kunslied gedoen en het verse van die digters Totius, Eugène Marais en Jan FE Cilliers getoonset. Hy het lank in Florence in Italië gebly en tydens die Tweede Wêreldoorlog is hy drie jaar lank in Oostenryk geïnterneer. Hy het sy regteraarm in ‘n ongeluk beseer in 1955 wat sy loopbaan as konsertpianis beëindig het en in Februarie 1956 keer hy terug na Suid-Afrika en gaan bly in die Strand.
Bosman is op 20 Mei 1967 in die ouderdom van 85 jaar oorlede.
Nawoord: dank aan Mariena Kotze van die Argief vir agtergrondinligting oor Di Ravelli
