Die Oudskoliere-Unie (OSU) is in 1926 gestig, maar het in 1961 begin om ‘n noemenswaardige rol in die skool se werksaamhede te speel. Die komitee het toe bestaan uit twaalf lede onder voorsitterskap van Piet Myburgh. ‘n Grondwet is in 1963 opgestel. ‘n Oudskoliere-das is onder meer beskikbaar gestel en dit was die begin van ‘n ou tradisie.
Twee opsies vir lidmaatskap
- Life Membership:
Application for Life Membership - 3-Jaarlidmaatskap:
Aansoek om 3-Jaarlidmaatskap
Hoekom as ‘n betalende OSU-lid aansluit?
Oor die afgelope paar jaar het die OSU finansieel bygedra tot die volgende skoolprojekte:
- Omskepping van die biblioteek na ‘n 3de IT-lokaal.
- Opgradering van die vierkant van die LPR-gebou.
- Opgradering van die metaalwerklokaal na die J.F. Marais Biblioteek.
- Aankoop van eiendom vir ‘n PRG-personeellid.
