Edition / Uitgawe Apr 2022

Aanpassing met die tyd

In hierdie eerste kwartaal van 2022 het daar ‘n paar goed by ons Alma Mater en ook elders gebeur wat ‘n mens laat besef dat al verander dinge hoe kwaai, dit goed is om jou wortels stewig geanker te hê.

Who would have ever thought that a rugby school like Paul Roos Gymnasium would become the place where parents will bring their small ones – boys and girls – to be trained as tomorrow’s soccer stars? Yet, the PRG Junior Soccer Academy is within months of its inception a meteorological success.

Is dit vreemd dat Paul Roos Gimnasium die 156 ste herdenking van sy stigting met ‘n bal afsluit wat deur 300 leerders in graad 10, 11 en 12 met hul metgeselle bygewoon word? In die aanloop daartoe, was daar ‘n spesiale saalbyeenkoms, ‘n besoek aan die grafte van die Roos-familie en ‘n kranslegging by die standbeeld van die skoolstigters wat alles in konteks geplaas het.

A teacher’s remark of more than fifty years ago encouraged a 62-year-old Old Boy to cross False Bay in an epic swim to create awareness of the good work that the Red Cross Children’s Hospital is doing. And he is planning to tackle a few more challenges like that.

Daar word gesê dat die pen magtiger is as die swaard, maar dit is nie aldag dat ‘n militêre veteraan wat met die hoogste toekenning vir verdienstelikheid in die Weermag gedekoreer is, diep in sy sewentigs met ‘n digbundel debuteer nie… en nogal een waarin kontraste skerp teenoor mekaar gestel word.

At the Harvard University in the USA an Old Boy who excelled in cultural matters at school, starts to play rugby because it reconnects him with his roots.

Dit is net ‘n paar van die stories wat jy in hierdie uitgawe van die Paul Roos Gimnasium se Old Boys Nuusblog te lese gaan kry. Daar is heelwat meer om die lyf, soos inligting oor die massa-reünie, algemene jaarvergadering en dinee wat op 20 Mei plaasvind, foto’s en berigte oor die PRG Classic-gholfdag, suksesvolle Polla-byeenkomste in Londen en Amsterdam, wie vanjaar hul graad 8-seuns skool toe gebring het en waar jy memorabilia te koop kan kry.

But there is also a sad reflection under the obituaries of why it is important to attend class reunions. Enjoy the read and remember to give us feedback.