Edition / Uitgawe Oct 2022

Grey-naweek sorg vir baie prestasies

Die Grey-naweek het meer prestasies as net spogoorwinnings op die sportvelde opgelewer.

Die opwindende en langverwagte interskoledinee en -veiling op 18 Augustus het vir die skool ‘n inkomste van 1 miljoen Rand besorg. Klik op die volgende skakel om te sien wat die skool daaroor berig het: https://paulroos.co.za/augustusmaand-n-hoogtepunt-op-prg-se-kalender-van-sport-en-kultuur/

Dit sou natuurlik nie moontlik gewees het sonder die betrokkenheid van organiseerders, borge, ‘n goeie seremoniemeester, ensovoorts, ensovoorts nie. Kry hier ‘n kykie na al die rolspelers by die Nashua Interskoledinee van 18 Augustus 2022: https://paulroos.co.za/nashua-paul-roos-gimnasium-interskoledinee-paul-roos-gymnasium-intershools-dinner/

Die meegaande videogreep van die Jolla Bolla, wat deur Elza van der Walt van die OSU-kantoor geneem en deur haar op FB gedeel is, het met 21 713 die heel meeste kykers nog getrek vandat die OSU op FB is: https://www.facebook.com/paulroosoldboys/videos/776803143369562

Meer besonderhede oor die uitslae is hier te vinde.