Edition / Uitgawe Oct 2022

Christian stap voor by Statebondspele

Christian Sadie en Bongi Msomi

Christian Sadie (2015), paralimpiese swemmer, het die eer gehad om saam met Bongi Msomi, kaptein van die Proteas-netbalspan, die draers van die Suid-Afrikaanse vlag by die opening van die Statebondspele in Birmingham, Engeland, te wees.

Christian het die land en sy alma mater verder trots gemaak deur in die 50m-vryslag (klas S7) ‘n bronsmedalje te verower.

Vroeër vanjaar het Christian in Madeira by die  Paralimpiese swem-wêreldkampioenskap die silwermedalje in die 100m-borsslag (klas SB7) ingepalm.