Edition / Uitgawe Oct 2022

Ek het hom geken…

deur Piet Marais (1968)

CHRISTO VOLSCHENK… Ek het hom geken. Hy was my vriend.

Ek gaan op my knieë uit dankbaarheid dat so ‘n mens in my lewe, nee, ons almal s’n,  geskenk is.

Hy was ‘n man, vader, seun, broer, sportman, vriend van vele, ‘n vertroueling, akademikus en bowenal in ons arena gesien, ‘n insiggewende skrywer en joernalistieke gladiator, maar veral, mens.

As jy hom nou sou ontmoet, sal jy dit nie sommer kan sê nie. Hy was so beskeie dat jy hom lank moes beleef en waarneem voordat jy besef het hoeveel liefde, diepte en wilskrag in een mens gesetel kan wees.

Hy was nie net ‘n toonbeeld van beskeidenheid nie. Hy was die beskeidenheid self. Soveel so dat jy soms gewonder het of hy van sy krag en vermoëns bewus was. 

Net enkele eienskappe: hy was akademies skrander, ‘n top-sportman, ‘n bestuurder wat verskeie redakteursposte beklee het, ‘n ekonomie-skrywer met ‘n string pryse agter sy naam, en die innoverendste joernalis waarmee ek die voorreg gehad het om saam te werk, o.m.  om die uitdagings van die nuwe Internet-era van joernalistiek aan te durf.

Klik hier om die gedenkblog vir Christo Volschenk te besoek.