Edition / Uitgawe Dec 2022

Senior Old Boys kuier gesellig saam

Senior Old Boys (tot 1970 vanjaar) het op Vrydag 11 November saamgekom op Markötter en heerlik staaltjies uitgeruil oor ‘n uitgerekte middagete.

Onder die manne wat daar was, was Johan Ingwersen (1965), Jakkie Swanepoel (1966), Dr Edwin Hertzog (1966), At Strydom (1965), Niel Krige (1966), Ben de Wet (1966), Nils Rohwer (1966), Pieter de Waard (1966), Philip Myburgh (1966), Johan Lubbe (1966), Steggie Stegman (1966), Clive Alexander (1966) en Philip Erasmus (1966).

In hierdie groepie verskyn van links Johan Rabie (1966), Steggie Stegman (1966); Riaan van Eeden (1965); Johan Ingwersen (1965) en Johan Lubbe.

Die 1963-klas het ‘n sterk teenwoordigheid gehandhaaf en het onder andere uit (van links) Walter Scheffler, Eben Brink, Hennie Brandt, Johnny van Heerden, Samuel Jonas, Olla Olivier, Evert Cilliers en Theo Mey bestaan.

Op die ander foto’s gaan dit te moeilik wees om al die mense te identifiseer, maar dit toon hoe lekker daar gekuier is.