Edition / Uitgawe Apr 2023

Classic Gholfdag gewild soos altyd

Despite rainy conditions, the PRG Old Boys Classic Golf Day was a huge success. Players, sponsors and donors are thanked for their support year after year. Share in the excitement by clicking on the link to the photos of the day below.

Ten spyte van eendeweer was die onlangse PRG Old Boys Classic Gholfdag ‘n groot sukses.

Die OSU is geweldig dankbaar teenoor al die spelers, borge en donateurs, wat jaar na jaar uitdraf en hierdie jarelange tradisie met groot geesdrif ondersteun.

Ons dank en waardering aan Lew Geffen | Sotheby’s International Realty – Stellenbosch, wat reeds oor die afgelope sewe jaar die hoofborg is.

Hartlik geluk aan die wenspan: Roean Coetzee, Anton Lerm, Riaan van der Schyff en AP Kotze.

Klik gerus hier om die foto’s van die dag af te laai.

Teken solank 29 Februarie 2024 in jul dagboek aan vir die volgende PRG Old Boys Classic Gholfdag.

Frans van Niekerk en Dieter Eiselen (2014) by die prysyuitdelingsete