Edition / Uitgawe Dec 2023

Seniors se middagete ‘n groot sukses met hope pret

Die jaarlikse Senior Old Boys’ Midddagete, wat op Vrydag, 10 November 2023, by Markötter plaasgevind het, was weer eens ‘n reuse-sukses met hope pret.

Dié collage gee ‘n idee van hoe lekker die Senior Middagete vanjaar was.

Pieter-Jan Bestbier (Matriek 1986 en die tesourier van PRG se Oudskoliere-unie) het almal hartlik verwelkom waarna rektor André van Staden ‘n kort insiggewende oorsig van 2023 se verwikkelinge by PRG gegee het.

Dit is gevolg deur ‘n gelukstrekking waar die gelukkige wenner met die korrekte nommer eers die woord “maroen” moes uitroep, alvorens die boek Craven Stories geborg deur African Sun Media, aan hom oorhandig kon word.

Frans van Niekerk het ‘n toegewyde tafelgebed gedoen en daarna kon almal smul aan Helene van Wyk se heerlike geregte.

Pieter-Jan het namens die Oudskoliere-unie die boek Craven Stories aan Frans van Niekerk oorhandig en hom bedank vir sy jarelange ondersteuning en toewyding aan PRG se Oudskoliere-unie. Frans gaan aan die einde van 2023 op aftrede. 

Danie Steytler (Matriek 1999) is ook bedank vir die heerlike Kaapzicht wyn, wat vir die oggend se samesyn, geborg is.

Dinge het nog geselliger geword toe Edwin Hertzog daarop aandring dat die Neil Ellis-magnum wat hy na die middagete saamgebring het, opgedrink moet word voor almal huis toe gaan.

Neil Ellis en Edwin Hertzog met die magnum.