Edition / Uitgawe Dec 2023

Lekker gesprek oor van watter skole die seëvierende Springbokke kom

A Facebook post about the schools from where the members of the victorious 2023 Springbok Rugby World Cup come from, was widely read, and shared. One interesting fact was that PRG had the most representatives in the team.

‘n Plasing op Facebook oor die skole-herkoms van die altesame 35 Springbokke wat by die 2023 Wêreldbekertoernooi betrokke was, is meer as 358 000 keer bekyk en 441 keer gedeel… en dit was nog voordat die span sy titel suksesvol verdedig het en die eerste span geword het om die Wêreldbeker vier keer te wen.

Vir die Old Boys was dit seker lekker om te sien dat altesame drie van die spelers Paul Roosers is – Steven Kitshoff, Damian Willemse en Willie le Roux, en al drie het in die eindstryd gespeel.

Net twee ander skole het meer as een speler in die span gehad: Hoërskool Tygerberg en Paarl Gimnasium.

As ‘n mens na die lys skole kyk, was dit verteenwoordigend van die land. Spelers uit Limpopo is deur Hoërskool Pietersburg en Hoërskool Ben Vorster opgelewer. Mpumalanga se spelers het van HTS Middelburg en Hoërskool Nelspruit gekom. Noordwes-skole op die lys is Hoërskool Bekker, Hoërskool Brits en Hoërskool Klerksdorp.

Gauteng is verteenwoordig deur spelers van die Pretoriase skole Afrikaanse Seuns Hoër, St Alban’s College en Hoërskool Waterkloof, asook Johannesburgse skole Hoërskool Linden en King Edward V11 School.

Natal se Maritzburg College en Glenwood High School het spelers opgelewer, en so ook die Vrystaat se Grey College en HTS Louis Botha en, Noord-Kaap se Hoërskool Upington. Uit die Oos-Kaap was daar spelers van Grey College (wat ook vir die kaptein gesorg het), Hoërskool De Vos Malan en Jim Mvabasa SS School.

Buiten die drie skole reeds genoem, was die Wes-Kaapse spanlede vanaf Hoërskool Outeniqua, Hoërskool Swartland, Hugenote Hoërskool, Boland Landbou, Hoërskool Brackenfell, Milnerton High, HJS Paarl en Senior Sekondêre Skool Paulus Joubert.

Die skepper van die plasing se inleidingsparagraaf het gelui: Springbok RWC 2023 squad by school paints more than a billion words. Miskien effens oordrewe, maar hy het goeie reaksie gekry.

https://ssschoolsplus.co.za/springbok-world-cup-squad-for-2023-and-their-schools/