Edition / Uitgawe Apr 2024

Braam preek vir bekeerdes

Dr Braam Hanekom (1977) is gevra om op Maandag 15 Januarie 2024 ‘n boodskap van bemoediging aan die personeel van die Paul Roos Gimnasium by die aanvang van die nuwe skooljaar te lewer. Hy het verskeie Old Boys in hul geledere aangetref. By Braam (derde van links) staan Aydon Topley (2016), Dorfling Terblanche (2008), Brink Nelson (2006), Ben Puddu (2001) en Luan van der Vyver (2015).