Só beskryf ons komiteelede hulself in hul eie woorde:
Flip de Bruyn
Ek het in 1991 matriek geskryf en werk vir Old Mutual as logistieke bestuurder. My portefeulje op die OBU is bemarking. Ek stel onder meer in tegnologie en sport belang en my stokperdjie is om kwaliteit tyd aan my gesin en my vriende te bestee.
Johan Conradie
Ek het in 2009 matrikuleer en woon al van my sewende jaar op Stellenbosch, dus ‘n Paul Rooser deur en deur en boonop het ek die graad B Rek by Maties verwerf en doen tans my oudit-klerkskap by ʼn bekende ouditfirma in Stellenbosch. My stokperdjies behels enigiets wat sport-verwant is, wyn proe (en drink!), braai en sosiaal verkeer.
Pieter-Jan Bestbier
Nadat ek in 1986 gematrikuleer het, het ek die grade B.Rek. en Hons B. Rek. aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en toe as geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer. Tans is ek ʼn direkteur by ʼn ouditfirma op Stellenbosch. Ek is sedert 1998 betrokke by die bestuur van die OSU, tans as ondervoorsitter en tesourier. Ek dien ook sedert 2015 in die skool se beheerliggaam en is ʼn trustee van die Paul Roos 150 Trustfonds.
Matt Daneel
I matriculated from PRG in 2005 and am loving my job as a financial planner. My duties on the Old Boy committee include social media and marketing. Outside of work I am a keen and competitive sportsman and enjoy mountain biking, trail running, golf and triathlon.
Francois Schoombee
Ek het in 1978 matriek geskryf en daarna die grade BA(Hons) en LLB aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Tans is ek ʼn prokureur op Stellenbosch en het ʼn seun in Graad 8 in Paul Roos. My belangstellings is die bou van modelvliegtuie, hout- en metaalwerk en militêre geskiedenis. Ek hou van sport, soos om na rugby te kyk, en speel graag ʼn ronde gholf en ’n potjie tennis.
André Huisamen
Ek het in 2012 gematrikuleer en studeer tans in die joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch. Ek dien sedert Augustus 2016 op die OSU-komitee en verteenwoordig die jonger Old Boys en is daarby ook verantwoordelik vir media. My stokperdjies is om saam met vriende uit te hang of om bietjie gholf te speel. Ek is ʼn groot aanhanger van sport.
Gustav Potgieter
Ek het in 1981 gematrikuleer. Vandag is ek ʼn gesertifiseerde finansiële beplanner (CFP®), en sedert 1990 die eienaar van Aurum Trust. Ek is die trotse pa van twee Old Boys, Gustav (2009) en Jacques (2014), asook van ʼn Bloemhof Old Girl, Saretha (2011). Ek is baie lief vir my familie, land, skool en universiteit. My stokperdjies sluit onder meer in gholf, sport kyk en reis, reis en nogmaal reis!







