Geagte Oud-skolier
Die wintersportseisoen is verby en die uitslae was redelik goed. Paul Roos het in die laaste rugbywedstryd van die seisoen in die doodsnikke teen Grey Bloem verloor, wat andersins die hoogtepunt van die seisoen sou wees. Dit bring my by die volgende aangeleentheid.
Die Oud-Skolierekomitee, waarvan ons die lede voorstel verder aan in dié nuusbrief, dra met graagte probleme en vrae aan die skool oor sodat dit op geordende wyse aangespreek kan word. Só is ons onlangs genader deur ʼn groep oud-skoliere wat bekommerd was oor die skool se swakker as gewoonlik rugbyseisoen. Die saak is opgeneem met die skool en die beheerligaam en ʼn bevredigende oplossing is gevind. ʼn Verslag hieroor vorm deel van ons inleiding en insette is deur mnre. Frans van Niekerk en Jannie van der Westhuizen voorsien. Baie dankie hiervoor.
Verskeie misverstande is met hierdie gesprek uit die weg geruim. Ons nooi die Old Boys uit om enige tyd ons te nader oor geldige kwessies, wat ons sal opneem met die skool en die beheerliggaam. Hou asseblief in gedagte die beheerliggaam neem die besluite volgens wetlike reëls en ons het slegs ʼn belang, maar ongelukkig geen regte nie. Dit is egter bemoedigend dat ons twee Old Boys op die beheerligaam het.
That is all the serious stuff, done and dusted! I want to thank Francois Schoombee and the rest of his sub-committee with their excellent job in getting eight teams together for the Old Boys touchies against the school boys that took place on 11 October. This was a revival of an old tradition, although not in the physical manner like many years ago! It was also great to end the day with a braai and a couple of drinks with the participants, as well as the spectators. Players received a free meal and non-players could book their meal tickets at the Old Boys office.
Elza van der Walt and I attended the annual South African Schools Alumni Association (SASAA) conference at Maritzburg College in Pietermaritzburg during the first week of September (see full report further on in this newsletter for more information). We are glad to report that Paul Roos Old Boys Union is seen as one of the leading lights in the Association. Many of the other schools have formal groups, with presidents and treasurers that get together on a regular basis. We know of many old boys that gather regularly on an informal basis and would like to get a feedback if the groups want to formalise it or stay informal.
ʼn Laaste brokkie nuus is dat ons besluit het om voortaan dinees op Vrydagaande te hou in plaas van Donderdagaande, aangesien na ʼn lekker dinee ʼn Vrydag baie lank vir party manne kan raak. Die datums vir volgende jaar se dinees sal in die volgende nuusbrief aangekondig word. Ons sal baie graag in 2017 wil voortbou op vanjaar se massa-dinee!
Vriendelike groete van jul komitee
Gustav Potgieter
Voorsitter
083 302 1525
gustav@aurumtrust.co.za
