Edition / Uitgawe Dec 2016

Wie onthou nog juffrou Sterretjie?

Die kaalvoet-seuns op die foto was deel van juffrou Mimmie “Sterretjie” Verster se orkes. Die foto is in 1951 geneem by die trap van die Laerskool Paul Roos-gebou. Dit was die jaar toe die Laerskool Paul Roos ʼn aparte skool geword het (hier nog op die huidige perseel) met mnr. Sam de Kock as eerste hoof.

Die Laerskool Paul Roos het in 1977 verhuis na die Doornbosch-perseel en het sedertdien voortbestaan as die Laerskool Eikestad. Op die foto is Juffrou Mimmie Verster (agter regs ), wat van 1945 tot 1973 verbonde was aan die Laerskool Paul Roos. Juffrou Mimmie was verantwoordelik vir die onderrig van die spesiale klasse. Sy was ʼn stigterslid van Huis Horison op Stellenbosch en het dwarsdeur haar onderwysjare ʼn leidende rol in die Voortrekkerbeweging gespeel.

Mimmie Verster is in 1991 oorlede. Haar huis, Moedersloon, in Die Laan het sy nagelaat aan die Stellenbosch Museum.

Mariena Kotze, PRG Argief

Foto : US Argief