Paul Roos-leerders van die jare vyftig, toe was hulle nog skoliere, het begin November vir ʼn reünie bymekaar gekom en lekker saamgekuier. Die klompie foto’s vertel nie hoe heerlik daar gesels is nie, maar wys darem hoe so ʼn klompie van die legendes onder hulle deesdae lyk. Kyk uit vir onder andere Jannie Engelbrecht en Stil-Jan Momberg van Middelvlei.
1955: Agter van links staan Polla Roux, Hannes Potgieter, Tokkie Scholtz en Chris Joubert, en voor sit Leonico Erasmus.
1955: Agter van links staan Dirk vd Merwe, Johan Pienaar, Hennie Joubert en Ian Walls en voor sit van links George vd Westhuizen, Gerhard Tötemeyer, Fanie vd Westhuizen en Christoph Hofmeyr.
1956: Agter van links staan Piet Viljoen, Martin Smuts, Rüdiger Herre, Niël Briërs en Attie Mostert; en voor van links Dawie Albertyn, Alwyn du Toit, Jannie Engelbrecht, Stil-Jan Momberg en Vaatjie Jacobs.
1957 & 1959: Agter van links Leonico Erasmus, Polla Roux, Tokkie Scholtz en Appie Louw; en voor van links Ralph Cameron-Williger (1957), Hannes Potgiete, Chris Joubert en Ludi Bester.
En waar is die kos?
1953 & 1954: Van links Mike Carinus, Charlie Meyer, Jan Nel en Don Clarke.