Edition / Uitgawe Dec 2016

Protea-kleure vir Old Boy gholfspeler

Old Boy Stefan Blommaert verteenwoordig tans Suid-Afrika in twee gholftoetse teen Indië, wat van 29 November tot 12 Desember in Kalkutta plaasvind. Stefan is vyfde op die Suid-Afrikaanse Gholf-assosiasie (SAGA) se ranglys. Die drie ander spelers in die SA span is Gerloux Roux, Shaun Stapleton en Josef Fourie. Op die foto wys Stefan hoe jy ʼn arend vir die tellinghouer moet aandui.