A couple of months ago Francois van der Merwe (head boy), Du Preez (Duppa) Venter, Francois Heunis, Hansie Van Niekerk and Dirk Joubert got together to start organising the 40 year reunion of the “Class of 1975”.
Die maklikste deel was om die reüniedatum te bepaal: die naweek van 31 Julie en 1 Augustus, want toe het Paul Roos tuiswedstryde teen Bishops in sowel rugby as hokkie gehad. Ons het in gedagte gehou dat oor die naweek wanneer Paul Roos teen Grey speel, daar talle ander bedrywighede is en dat dit moeilik sou wees om funksiesale, braaiplekke en verblyf vir diegene wat van ver kom, te reël.
A bigger challenge was to get the contact details of all the members of the “Class of 1975”. This task was assigned to Dirk Joubert, who with the help of many managed to grow the list obtained from the school into one through which about 90% of the class could be traced.
Van die oorspronklike 104 leerlinge het altesame 45 om 11:00 op Vrydag 31 Julie in die ou argieflokaal by die skool byeengekom. Ses is al oorlede en hulle is met ‘n oomblik van stilte gehuldig.
A full programme awaited us, with welcoming speeches by Rector Jannie van der Westhuizen and Deputy Rector Frans van Niekerk, while Mr Tex de Swardt informed us about the Paul Roos Trust and Marina Kotze talked about the School’s archive.
By die ou landboutuin het Du Preez Venter ‘n gedenkplaat onthul by ‘n boom wat onlangs geplant is ter herinnering aan die landboutuin asook twee oudonderwysers, Oom Dirk Swart en Oom Jan (Os) Loedolf.
The former hostel dwellers then went for lunch in the hostel, while the rest of us went our own ways, some of whom for a pizza at Gino’s.
Ongelukkig het die groot hokkiewedstryd van die dag met ons funksie in die Markötter-klubhuis gebots. Hier is ‘n heerlike driegangmaaltyd vir ons voorgesit, waarvoor ons mev Heléne Van Wyk en haar span van harte bedank. Baie dankie ook aan Hansie van Niekerk van Knorhoek wat die wyn vir ons geborg het.
Rector Jannie van der Westhuizen entertained us with a beautiful and informative speech.
Ons was bevoorreg om sewe van ons oud-onderwysers by die funksie teenwoordig te hê: Menere Kapp, Richter, Eloff, Taylor, Du Toit, Wicomb en “Sparks” Esterhuizen. Benewens al die herinneringe wat gedeel is, was een van die hoogtepunte toe Randall Wicomb ons “Sloop John B” laat sing het, wat soos menige van julle weet een van die tradisies van ons tyd was.
On the Saturday morning we gathered at Markötter and we were blessed with the most wonderful,sunny winter’s day. We watched a highly entertaining rugby match in which Paul Roos eventually ran out winners by 39 – 29 against Bishops, who played a running game. We saw some glorious tries in the process.
We ended the weekend off with a “Spit Braai” which was also attended by some of the wives.
Meer foto’s en ander inligting is beskikbaar op die Class of ’75 webwerf wat deur Jaco du Plessis geskep is. Die lys van bedankings is te lank om hier te publiseer. Ons beplan beslis ‘n volgende reünie, maar hierdie keer sommer vyf jaar van nou af. Semper Splendidior!
— Dirk Joubert ( 10E – 1975)
