Rugby Groep 2015
Edition / Uitgawe Nov 2015

Feestelike rugby span kroon op 150 jaar

Hein Kriek, hoofafrigter

Die 150ste rugbyseisoen was waarskynlik dié een in die geskiedenis wat die grootste druk ooit op die eerste span geplaas het. Benewens die feit dat dit ‘n feesjaar was, het hierdie groep seuns reeds van hul o14 dae goed presteer en is daar groot verwagtinge van hulle gekoester.

The preparation for the season started already on the 13th of October 2014 and 39 weeks of hard work later, with a historic home victory over Grey College, it was all in the past.

Dit was met groot eer en trots wat die span die veld verlaat het met die wete dat hulle hul taak uitstekend uitgevoer het en met die volgende prestasies kon spog:

  • SANIX Wêreld Jeugkampioene 2016 (slegs die 4de SA span wat dit kon vermag);
  • 3 spelers vir WP Akademiespan gekies;
  • 3 spelers vir WP Cravenweekspan gekies;
  • 3 spelers haal die SA Skolespan;
  • Grey High vir die 1ste keer sedert 2011 geklop;
  • Grey College vir die 1ste keer sedert 2009 geklop;
  • Tweede plek op FNB Top 10 lys (selfde posisie as in 2014);
  • 832 punte gedurende die seisoen aangeteken; en
  • 120 drieë vir teenoor 30 drieë teen.

There is not enough space to tell the whole story, but allow me to share the following highlights:

  • At the 150 Rugby Day celebrations our 1st team ran out in their once-off 150 celebration jerseys and put on a great display against Afrikaans Hoër Seuns from Pretoria by beating them 29-12.
  • At the annual St John’s Easter Festival in Johannesburg our team was firing on all cylinders and won all their games against Viadana (Italy), Jeppe Boys and Monument.
  • Confidence was now high, and the team rose to the challenge of Grey High in Port Elizabeth, where we beat them 34 – 3 for the first time in four years.
  • Ondanks skommelinge in die span vir die reis na Japan om te voldoen aan die reël dat slegs o18’s aan die SANIX Wêreld Rugby Jeugtoernooi mag deelneem, het die groep van dertig goed aangepas by die omstandighede en ‘n uitmergelende program van ses wedstryde in agt dae om as die kampioene vir 2016 gekroon te word. Die telling van 35 – 3 in die eindwedstryd teen Brisbane College weerspieël nie die intensiteit van wedstryd nie, Brisbane College het alles in sy vermoë gedoen om bresse in Paul Roos se verdediging te slaan, maar uiteindelik was dit die fiksheid van die Suid-Afrikaners wat hulle in staat gestel het om teen die einde die oorwinning te behaal.
  • By hul terugkeer het dit gou geblyk dat die plaaslike liga besonder straf is en moes Paul Roos as verloorders afdraf teen Paarl Gimnasium (21-23), Paarl Boys High (29-10) en Boland Landbou (24-17) maar daarvoor opgemaak vir van hul beste vertonings van die seisoen in die wedstryde teen Wynberg, Rondebosch, SACS, Oakdale en die Biskoppe.
  • Joa Swart, Lazlo Pschorn and Muammir Salie were selected to represent the Western Province Academy team in Vanderbijlpark, while Damian Willemse, Joshua Vermeulen and Nico Leonard represented the Western Province Craven week team. The latter three were also included in the SA Schools team that took part in the quadrangular tournament against England, Wales and France.
  • Die perfekte afsluiting van die jaar het op Saterdag 22 Augustus op die tuisveld gekom. Die toon is reeds in die voorwedstryde aangegee toe junior spanne die een oorwinning na die ander teen Grey Kollege van Bloemfontein behaal het. Na ‘n uitmuntende vliegvertoning deur die Silwer Valke en terwyl die laaste note van die “Old Boys of Paul Roos” uit die pawiljoene wegsterf, draf die 1ste span vir die laaste keer in hul 150 Feesjaartruie op die Markötter-stadion uit. Weer eens moet Paul Roos aan die begin af alles inwerp om hul doellyn te verdedig, maar omkeerbesit word bewerkstellig om Grey Kollege op die agtervoet te plaas. Drieë deur deur Nico Leonard, Joss van Eeden en Damian Willemse bring ‘n groot wen vir die tuisspan, die eerste sedert 2009, en span die kroon op die 150ste seisoen, ‘n lang en suksesvolle een.

Detailed results for the season:

Season results