Mariena Kotzé of the PRG Archives was so fascinated by the oldest photograph of a Stellenbosch rugby team that she spent some time working through old documents to find out more about the members of this team. In this way she could establish that all of them were either senior students or old boys of the Stellenbosch Gymnasium. At that stage the Arts Department, founded in 1874 and forerunner of the Stellenbosch University, was part of the school. Some of the old boys were busy with their theological training at the Dutch Reformed Church’s Seminary in the town. This information led to the decision to let the first rugby team of Paul Roos Gymnasium play in striped jerseys in home games during the 150 Festival Year. She takes the story further:
Die oudste Matie-rugbyfoto uit 1880 bied ʼn visuele kykie op hoe rugby as sportsoort op Stellenbosch begin het. Die span het toe bestaan uit sowel skoolseuns as studente, wat ook almal old boys was, soos die uitslaelyste aandui. ʼn Mens moet onthou dat die Arts Department (die voorloper van US) eers in 1874 gestig is en die Victoria Kollege (1887) eers in 1918 die Universiteit van Stellenbosch geword het.
Op die foto verskyn agter van links Willie Wessels, Nico Hofmeyr, Lammie van Coller, Daantjie le Roux, Jan Hugo, Jan Hofmeyr, Jan (Kale) van Heerden, Jerry van Niekerk en Jim van Niekerk, middel van links Willie Luttig, Willie Hunt, Willie Joubert en Hennie Wium, en voor Frankie Meyl (met bal) en die kaptein ELB Schroeder.
Meeste van die jongmanne op dié foto het hul merk in die geskiedenis van ons land, dorp en skool gemaak.
Byvoorbeeld, in die agterste ry derde van regs staan Jan (Kale) van Heerden, wat 36 jaar lank (1899 – 1935) predikant van die Groote Kerk in Kaapstad was. Jan was die seun van Izak Jacobus van Heerden van die plaas Baviaanskloof in die distrik Cradock. Vir sy hoërskoolloopbaan en studentejare word hy na die Stellenbosch Gimnasium en die Stellenbosch Kollege gestuur waar hy in 1878 matrikuleer. In daardie jaar was hy saam met Percy Alport Molteno van Bishops eerste op die Kaaplandse merietelys, die eerste matrikulant van ons skool wat dié prestasie behaal.
In 1884 word hy predikant op Steynsburg en daarna op Tarkastad en Richmond, tot hy in 1899 ‘n beroep na die Groote Kerk in Kaapstad aanvaar waar hy tot met sy aftrede in 1935 werksaam was. Hy was met Margaretha le Roux van die Paarl getroud. In 1911 trou sy dogter Eileen Magdalena Susanna van Heerden met die destydse Sir David Graaff (1859-1931) van die plaas De Grendel.
Ds JP van Heerden was ‘n puik prediker en so gewild dat hy onder sy tydgenote seker die meeste beroepe na ander gemeentes ontvang het. Hy is ook by elke Sinode van 1903 tot 1932 as actuarius van die Kaapse Kerk gekies.
Johannes Petrus van Heerden sterf in 1939 slegs vier jaar na sy aftrede .
Kyk gerus weer mooi na die foto van die 1880-rugbyspan en dink oor die stories rondom hierdie spelers, waarvan sommige welbekend en ander dalk deel van jou familiegeskiedenis is. Deel gerus met ons enigiets wat jy van hulle weet want as ons dit nie opteken nie, kan dit verlore gaan.
Mariena Kotze
PRG Argief


