Edition / Uitgawe Mar 2016

Voorsittersboodskap / Chairman’s message March 2016

Geagte Old Boys

Ons alma mater het sy feesjaar vandeesmaand afgesluit met ʼn massa-reünie wat deur 530 mense bygewoon is en ʼn gholfdag en -veiling wat ʼn allemintige R1,4 miljoen vir die 150 Trust opgelewer het. Jaco Durand, Arend de Waal en die res van hul span verdien ʼn hartlike woord van dank en gelukwense!

Diegene wat nie so bevoorreg was om die gala-dinee mee te maak nie, of die ander van ons wat dit graag wil herleef, kan hier kliek om ʼn omvattende fotobeeld van die aand te kry.

Contributing to the success of our first mass reunion on Friday 26 March were our master of ceremonies, Nic de Jager, and guest speaker, Waldimar Pelser, whose great speech can be accessed lower down in this newsletter. Thanks to both of you!

Among the attendees were the present rector and past rectors, current teachers and past teachers, and hundreds of old boys from near and far – in fact as far as Belgium, Canada, Jersey, USA and Australia. Special thanks to the generous Old Boy who sponsored the ticket from Australia for Mr Ray Theron, aka Moses a beloved English teacher at our school from 1977 to 2000, and to old boy winemakers for their donations.

By so ʼn geleentheid moet ʼn mens hulde bring aan die mense wat dit vir ons moontlik gemaak het om uitstekende onderwys te kon ontvang. Lewenslange erelidmaatskap van die Oudstudente-unie is aan die volgende onderwysers toegeken: Annette Austin (1986), Alet Conradie (1991), Jock de Jager (Rektor 1993–2007), Alta Jones (1997), John Galloway (Rektor 1985–1993), Riaan Laas (1993), Coreen Lloyd (1994), Ronell Schoeman (2000), Lucette van Niekerk (1994), Werner van Rensburg (1996) en Winnie van Vuuren (1998). Administratiewe personeel wat erkenning ontvang het, was Pine Pienaar wat vir 23 jaar diens erkenning gekry het (boonste foto saam met Pieter-Jan Bestbier), Sandra Pienaar  (1997) en Mariena Kotze (1996).

In this newsletter you will also find photo’s and other information of the reunions of the classes of 1976 and 1981, that were held during the festive weekend.

Al het dit ná die feesnaweek gevoel of ons ʼn marathon voltooi het, is dit het einde niet! Die Old Boys-komitee het nog verskeie ander aktiwiteite vir vanjaar in die pyplyn en belangstellendes kan gerus ons kantoor skakel vir meer besonderhede oor die volgende geleenthede:

  • Gholf teen Grey PE op 8 April 2016 (Kontak asb vir Bles Kemp vir inskrywings: bleskemp31@hotmail.com);
  • Algemene Jaarvergadering op 23 Mei 2016;
  • Gholf teen Paarl Boishaai op 27 Mei 2016; en
  • Gauteng-dinee by Simbithi op 3 Augustus 2016.

Kliek hier vir die volledige kalender van reünies en ander belangrike geleenthede.

Of course we know that not all of us play golf, but unfortunately we had to cancel our first attempt to organise a mountain biking event because of a lack of entries. However, this is not going to deter us and mountain bikers can keep their chains oiled!

Ons waardeer enige bydrae vir die nuusbrief. Hou asb vol om vir ons wenke, foto’s en artikels te stuur. Op dié manier hou ons almal ingelig en trots op ons skool!

May our school prosper for the next 150 years and beyond!

Semper Splendidior

Gustav Potgieter
Voorsitter: Paul Roos Oudskoliere-Unie
gustav@aurumtrust.co.za
083 302 1525