Edition / Uitgawe Jun 2016

In memorium: Christiaan Frederik Heyns

23 Januarie 1949 – 2 Augustus 2014, Matriek 1966

Die Internasionale, Afrika- en Suid-Afrikaanse Urologie-gemeenskap het ʼn groot leier en mentor verloor toe prof. Chris Heyns onverwags op Saterdag 2 Augustus 2014 oorlede is, net ʼn paar uur nadat hy as president van die Suid-Afrikaanse Urologiese Vereniging as voorsitter opgetree het by ʼn vergadering in Gauteng en net vier maande voor sy beplande aftrede. Paul Roosers wat hom geken het, ervaar sedertdien ʼn ontsaglike verlies.

Kliek hier om die volledige artikel oor die merkwaardige mens te lees. Dit is saamgestel uit bydraes deur Chris Heyns se 1966-klasmaats en sy broer Piet Heyns (1965) asook uit “In Memoriam: Remembering Professor Chris F. Heyns” deur prof. A.R. van der Merwe, Departement Urologie, Fakulteit Mediese- en Gesondheidswetenskappe, Universiteit van Stellenbosch.