Old Boy Philip Erasmus wou iets groots doen vir KANSA nadat hy met sy vrou se oorwinningspad teen borskanker groot waardering ontwikkel het vir die rol wat dié organisasie in ons samelewing speel.
Toe besluit hy om op sy bergfiets die agterpaaie sonder enige ondersteuning van Beitbrug na Bloubergstrand aan te durf. Na meer as ʼn jaar se beplanning het hy op 1 April vanjaar weggespring en na 32 dae en 280 ure op die saal ʼn helde-ontvangs gekry toe hy in die Kaap aankom.
Sy reis van 3 304km het hom deur van die mooiste plekke in die land geneem, maar wat hom gedra het was die ondersteuning van vriende en vreemdelinge. Hy het ook ervaar dat ʼn kortpad ʼn ontsaglike lang draai kan word en dat die afgeleë Moordenaarskaroo besiger as ʼn hoofweg kan wees as jy op die verkeerde dag daar ry.
Met sy poging is daar sowat R100 000 vir KANSA bymekaar gemaak.
