
Dear Old Boys
Slowly but surely, this year is passing by and there is still so much to do. But we can look back at some remarkable achievements…
In our 150th celebratory year we, the Old Boys, could contribute almost R600 000,00 towards the 150 Trust Fund and we believe we can top it up significantly from the sales of the superb Splendidior 150 wine. The 150 Trust already financed extensions to the music centre as well as providing housing to teachers with a project on the old parade ground.
Ek wil graag vir Bles Kemp (1991) en Boitjie Vermeulen (1991) bedank vir die reëlings van die Grey PE-gholfdag. Die gholfdag was ʼn reuse-sukses, ondanks die feit dat ons net-net die knie moes buig voor die Grey-manne. Gelukkig het die eerste rugbyspan die Saterdagmiddag opgemaak daarvoor! Die opbrengs van die dag, sowat R6 000, is geskenk aan die Jurian Prins-Trust, wat behoeftige skoliere help om hul skoolloopbaan te voltooi. Jurian was ʼn besonder geliefde persoon, lid van die 1991 “dream team” en het later rugby vir die WP gespeel. Sy ma was jare lank as ʼn Wiskunde-onderwyseres verbonde aan die skool. Jurian het tragies ʼn klompie jare gelede verongeluk. Ons oorweeg dit om die gholf dag wat tangs elke tweede gehou word, op ‘n jaarlikse grondslag aan te bied en die opbrengs tussen die twee skole te roteer.

Most of you are probably aware that the rector, Mr Jannie van der Westhuizen, will be retiring next year and the appointment process for a successor is in full swing. The Old Boys committee was also consulted, after which we asked for input from the Old Boys community via email. A word of thanks and appreciation to everyone that responded.
News from the committee
We try to get a spread over matric years for better representation across the spectrum. Unfortunately we had two resignations due to personal reasons. Sean de la Hunt (2005) and Danie Steytler jnr (1999) resigned and we co-opted Johan Conradie (2009) and André Huisamen (2012). Representation on the Old Boys committee ranges from 1978 to 2012. The OBU also established a Gauteng committee to help us mobilise the old boys in Gauteng. Conraad Wiehahn (1963 ) heads up that team, with Louis de Klerk (1974), Carel van der Westhuizen (1981) and Ters Relihan (1982 ) assisting him. Our second Gauteng dinner was moved to 25 August at Serengeti, near Kemptonpark, due to the municipal elections on 3 August.
Naas die Gauteng-dinee wag daar gholf teen Grey Bloem in Augustus met nog ʼn geselligheid of twee in die pyplyn. Wees asseblief op die uitkyk vir e-posse vanuit die OSU-kantoor.
Ons doen ook ʼn beroep op almal om asseblief die Splendidior 150 wyn aan te koop, aangesien dit nie net ʼn puik wyn is nie, maar ook ʼn rare versnitwyn is afkomstig van verskeie bekende old boy-wynmakers se 2013 Cabernet Sauvignon. ʼn Bestelvorm verskyn in die nuusbrief en onthou ons kan die wyn verskeep.
Laastens, ons kry verskeie navrae en klagtes oor ons “gemengde taalbeleid”. Paul Roos is tans sowat 60% Afrikaans en 40% Engels. Tweetaligheid probeer nagestreef word en alhoewel ons begrip het vir ʼn Afrikaanse en Engelse nuusbrief, laat ons begroting en tyd dit ongelukkig nie toe nie. Ek hoop dit beantwoord jul vrae.
Vriendelike groete
Jul Old Boys-komitee
Gustav Potgieter
Voorsitter: Paul Roos Oudskoliere-Unie
gustav@aurumtrust.co.za
083 302 1525
