Armand Aucamp aangewys as Akteur van die Jaar
Armand Aucamp (2005) is bekroon as “Akteur van die Jaar – Drama/Sitcom” by die Huisgenoot Tempo-Toekennings 2016. Baie geluk aan hierdie jong akteur! Hy het met die toekenning weggestap vir sy rol as Tom Niemand in die Kyknet-reeks “Die Boekklub”. Die tweede seisoen van die gewilde reeks word vroeg in 2017 verfilm.
