Tiaan Smit (matriek 2013) is in April gekroon as die SA senior kampioen in die 110m hekkies vir mans met ′n tyd van 13.42. Dit was by die SA Senior Kampioenskappe in Potchefstroom. Tiaan het in Noord-Gauteng se kleure gehardloop, en studeer tans aan die Universiteit van Pretoria. Hy was ook die SA Junior Kampioen in 2013 met ′n nuwe SA rekord.
Sy trotse ma, Driekie, het ons laat weet Tiaan was 2 jaar lank beseer en het hard gewerk om te kom waar hy nou is. “Hy het baie harde bene gekou, maar deursettingvermoë, dissipline en die opofferings wat daarmee saamgaan, het aanhouer laat wen. Soos hulle sê: ‘Hard work pays off’.”
Foto: Roger Sedres/ImageSA
