Edition / Uitgawe Oct 2017

Ons soek “40 days”- foto’s

Martin Booyens het onlangs ʼn paar foto’s gestuur van sy 1974-klas se 40 days. Ons soek nog graag sulke foto’s en bydraes van ander klasse se 40 days deur die jare. Die 1974-matrikulante op die eerste foto (sien die inleiding van hierdie blog) is Lourens Steyn, Anton Pio, Hein Janse van Rensburg, Nico Malan en Martin Booyens.

Op die volgende foto verskyn Francois Malan, Pierre Blake, Stiffie du Toit, Ronnie Bowker, Gerrit Nieuwoudt en Anton Pio.

Die manne op die laaste foto is Harold Basson, Lourens Steyn, Stals van Staden, Abrie Roux, Gerrit Nieuwoudt, Stiffie du Toit en Ewald Erasmus