Retired rector Jannie van der Westhuizen writes from George not only to express appreciation for the OBU gift of a collection of Splendidor wines, but also to stress that it was a privilege to be part of an unique school where the emphasis is placed on maintaining special values, high standards on all terrains, accountable educational practices, a balanced approach to the teaching of boys, strict ethics and institutional independence. He thanks the Old Boys for their commitment and support during his tenure of ten years.
Beste Gustav,
Graag betuig ek my dank en waardering vir die versameling Splendidior-wyne wat as afskeidsgeskenk aan my oorhandig is.
Die viering van die skool se 150ste bestaansjaar was een van die besondere hoogtepunte van my 10-jaar verbintenis met die skool. Hierdie versameling van Splendidior-wyne sal altyd ʼn herinnering wees aan daardie spesiale jaar in die skool se geskiedenis.
Tien jaar is ʼn lang tydperk, en tog is dit in ʼn oogwink verby. My betrokkenheid by Paul Roos was ʼn enorme voorreg, en ek is so dankbaar vir die geleentheid wat ek gehad het om so intens deel te kon wees by hierdie besondere skool.
Deur die geskiedenis heen het die skool ʼn hoë premie geplaas op die handhawing van sy besondere waardes, hoë standaarde op alle gebiede, opvoedkundig verantwoordbare praktyke, ʼn gebalanseerde benadering tot die opvoeding van die seuns, streng etiese praktyke, en sy absolute onafhanklikheid as instelling. Ek het die grootste waardering daarvoor dat die Old Boys te alle tye hulle ook hiertoe verbind, en hul ondersteuning hieraan gegee het.
Mag die komende jare geseënd wees vir die skool en al sy mense. My bloed was maroen, en bly maroen.
Met waardering en respek.
Vriendelike groete uit George
Semper Splendidior
Jannie van der Westhuizen

