Edition / Uitgawe Oct 2017

Old Boys se prestasies op prysuitdeling uitgelig

Op die skool se jaarlikse prysuitdeling het die rektor, mnr. André van Staden, na enkele van die vele prestasies wat oudskoliere vanjaar behaal het, verwys en ook melding gemaak van die sterk band wat daar tussen die skool en sy oudleerders bestaan.

Die OSU het onder leiding van Gustav Potgieter en Elza van der Walt vanjaar vier reüniegroepe (1967,1977, 1987 en 1997) ontvang. Die OSU-dinee by die Stellenbosch Gholfklub het oud-skolier dr. Michael Jordaan, klas van 1985, as gasspreker gehad.

Die 1987-reüniegroep het fondse vir die bou van die nuwe ingangshek (Morné Malan-hek) na die Markotter-terrein ingesamel.

Onder die suksesse wat in die afgelope jaar deur Paul Roos se oudskoliere behaal is, was die volgende:

Literêr

  • Bun Booyens (1977) publiseer saam met Adi Schoeman Die Burger 100.
  • Ettienne van Heerden (1972) se nuwe boek Die wereld van Charlie Oeng

Journalism

  • Pieter du Toit (1997) was appointed as HuffPost SA new Editor in Chief.
  • Sean Falconer (1993) Editor of Modern Athlete, was awarded the prize for Journalist of the Year at the recent Cape Metro Sports Awards.
  • Pieter- Louis Myburgh (2003) received the prestigious Taco Kuiper Award for investigative journalism. He is also the author of The Republic of Gupta.
  • Jo Prins (1987) is by Media 24 se jaarlikse Legends -prysuitdeling aangewys as rubriekskrywer van die jaar.

Akteurs

Armand Aucamp. Foto: Anika Molnár

Armand Aucamp (2005) speel die hoofrol (Jan van Riebeeck) in Krotoa, asook in die tweede seisoen van Die Boekklub op Kyknet.

Sport

  • Craig Barry (2010) maak sy buiging in die WP-span.
  • Damian Willemse (2016) speel vir die Stormers, dalk ons volgende Springbok.
  • Jaco Venter neem deel aan die Tour de France.
  • Herculaas Lamprecht (2015) neem deel aan drie items by die Oorplantings Olimpiese Spele.
  • Matt Daneel (2005) and Dylan Janos (2006) SA Mountain Bike Champions

Space

Dr Sias Mostert (1981) was appointed chairman of SCS Aerospace.

Leiersposisies
Universiteit Stellenbosch

  • Calvin Nell (2014) Onder-primarius: Dagbreek
  • Luke Mallet (2014), Johannes Esterhuizen (2014) en Duan van Schalkwyk (2015) HK-lede: Dagbreek
  •  Willem Rautenbach (2013) Primarius: Eendrag
  • Ockert Goosen, Liam Cloete en Cameron Nel (almal 2015) HK-lede: Eendrag
  • Paulu Joubert  (2013) Primarius: Helderberg
  • Cornelius Jonker (2013) Onder-primarius: Helderberg
  • Breda Reed (2015) Primarius: Hippokrates
  • Christiaan du Toit (2014) HK-lid: Pieke
  • Gerbrand Smit (2015) en Christoff vd Westhuizen (2013) HK-lede: Simonsberg

André van Staden, rektor