Edition / Uitgawe Oct 2017

Terugflits op ‘n ou tradisie

Ons hooffoto in hierdie uitgawe van ons nuusblog vir Paul Roos Gimnasium neem ons terug na 1974 en die ou tradisie van Forty Days. Op 13 Oktober is dit  Z-dag: die laaste amptelike skooldag van die matrieks.  Die laaste skof van ons skooljaar lê voor en dit is ʼn uitdagende steilte, die groot toets van kennisoordrag, maar eintlik nog meer. Die groot vraag is hoe goed is ons produkte van twaalf jaar se onderwys en opvoeding vir die lewe daarbuite voorberei.

One would have loved to know what exactly happened to each of these young men that look so confident and ready for the challenges of that time, so ready to confront and stake their claims. Hopefully they have made us proud, but we also know that life is not easy. A good education, however, is an excellent launching pad.

Sterkte aan ons 2017-matriekgroep en wees fier en vol selfvertroue wanneer julle jul eie koers inslaan. Leun gerus op die waardes en vriendskappe wat julle by jul alma mater opgebou het en weet dat julle altyd welkom sal wees om hierheen terug te kom.

In this newsletter we review a full third term, especially on the sports field, we take leave of a number of stalwarts that passed on, but we also look at the future. Enjoy the read.

Die name van die klompie op die foto verskyn elders in die nuusbrief, maar dankie aan Martin Booyens wat hierdie foto’s uit ʼn ou album opgediep het.