Die name van vier Old Boys verskyn tans op die Top 20-ranglys van gholfspelers in Suid-Afrika:
- Oliver Bekker (2002) is in die 1ste plek (7 loopbaan-oorwinnings en in 1 Amerikaanse Ope gespeel);
- Jean Hugo (1994)is 8ste (19 loopbaan-oorwinnings en al 3 keer in die Britse Ope gespeel);
- Justin Harding (2004)is 11de (5 loopbaan-oorwinnings en 1 keer in die Britse Ope gespeel); en
- Keenan Davids (2006) lê in die 15de plek
Oliver beleef ‘n sprokiesjaar op die gholfbaan, met oorwinnings in die Zambia Sugar Ope (met ‘n telling van -19), die Lombard Insurance Classic (weer met ‘n telling van -19) en die Sun Wild Coast Sun (met ‘n telling van -11) vanjaar. As beroepspeler het hy reeds sewe oorwinnings op sy kerfstok.
Sy grootste prestasie vanjaar was dat hy vir die 2017 Amerikaanse Ope op Erin Hills gekwalifiseer het – die eerste Paul Rooser wat dit reggekry het! Selfs die heel beste spelers in die wêreld speel nie elke jaar in hierdie major nie.
Tans is hy eerste op die Sonskyn-reeks se merietelys en ons wens Oliver alles van die beste toe vir die laaste paar toernooie van die jaar.
Louis Destroo (1994), direkteur van gholf by die Stellenbosch-gholfklub, is in Junie as die Wes-Kaap se Beroepspeler van die Jaar aangewys en in September as Suid Afrika se Klubberoepspeler van die jaar.
Vir Louis word die kroon gespan toe hy later in September as die PGA van Suid-Afrika se Professionele Speler van die jaar 2017 aangewys word. Dit is die grootste eer wat ‘n plaaslike beroepspeler kan kry en Louis het dit nou vir die tweede keer ontvang, slegs die tweede persoon wat dit regkry. Die vorige toekenning was in 2012. Tydens sy opleiding in 2002, net nadat hy op Stellenbosch afgestudeer het, was hy ook die PGA se “Apprentice of the Year”.
Nog ‘n interessante golfbrokkie wat Louis met ons gedeel het, is dat Old Boy Jean Hugo tot nou al die sesde meeste oorwinnings in die Sonskyn-reeks in Suid-Afrika behaal het. Die volgende tabel gee meer besonderhede:
| 1 | Gary Player HoF (World Gholf Hall of Fame) | 1935– | South Africa | 63 | 9 | 1955–1981 |
| 2 | Mark McNulty | 1953– | Zimbabwe Ireland |
33 | 0 | 1979–2002 |
| 3 | Bobby Locke HoF | 1917–1987 | South Africa | 30 | 4 | 1935–1958 |
| 4 | Sid Brews | 1899–1972 | South Africa | 26 | 0 | 1925–1953 |
| 5 | John Bland | 1945– | South Africa | 21 | 0 | 1970–1991 |
| T6 | Jean Hugo | 1975– | South Africa | 17 | 0 | 1999–2015 |
| Tony Johnstone | 1956– | Zimbabwe | 17 | 0 | 1984–1998 | |
| 8 | Ernie Els HoF | 1969– | South Africa | 16 | 4 | 1991–2010 |
| T9 | Darren Fichardt | 1975– | South Africa | 15 | 0 | 1997–2017 |
| Bobby Lincoln | 1953– | South Africa | 15 | 0 | 1985–1999 | |
| 10 | Jaco van Zyl | 1979– | South Africa | 14 | 0 | 2005–2016 |


