Old Boys Kerwin Noemdo (2012) en Niel Botha (2013) het in Oktober Rektorstoekennings van die Universiteit van Stellenbosch ontvang vir onderskeidelik sportuitnemendheid en akademiese prestasie by die universiteit.
Niel was een van die ontvangers vir uitsonderlike prestasie in Ekonomiese Bestuurswetenskap, met ʼn gemiddelde van 85,2%. Hy is ook ʼn Boland-krieketspeler. Kliek hier vir sy CV

Kerwin, wie se regterhand reeds as baba geamputeer is, het hom nie deur dié terugslag laat onderkry nie, soos blyk uit die volgende artikel wat op die US se webblad gepubliseer is.
