Die rugbykomitee van die OSU het op Donderdagaand 3 Mei 2018 hul eerste Kapteinsdinee in die Longroom op Markötter gehou.

Middel van links: Pieter Meyburgh (2004), Russel Gerber (1983), Ettienne Terblanche (1995), Christoff Du Toit (1987), Charl de Villiers (2008), Ernst Joubert (1998), Hein Swart(1986), Justin Swart(1991) en Frede Louw (1982);
Agter van links: Danie Smith (1976), Faf van der Merwe (1977), Gerhard De Wet (1997), Francois van der Merwe (1975), Rufus Dercksen (2017), Joa Swart (2015) en Hennie Steenkamp(1970).
Altesame 240 oud-kapteins en spelers van eerste en tweede O19-spanne van Paul Roos oor die jare was daar. Onder hulle was Johan Gerber (1953), Gans Coetzee van die 1974-span, Bles Kemp en Justin Swart van die onoorwonne 1991-span en Ernst Joubert, voormalige kaptein van die Lions en Saracens.

Gassprekers by die geleentheid was Jacques Hanekom, legendariese oud- afrigter (op foto) asook PRG se eerste direkteur van rugby, Ryno Combrinck.
Marinus Pretorius, hoofafrigter, het die huidige eerstespan voorgestel. Die spelers se truie vir hul wedstryd die daaropvolgende Saterdag teen Paarl Gimnasium is deur oud-eerstespankapteins aan hulle oorhandig.
ʼn Roerende oomblik tydens dié seremonie was toe Juan Mostert, kaptein van die huidige eerste rugbyspan, sy trui van sy oupa Attie Mostert (eerste rugbyspan, 1953) ontvang het.
Die geleentheid is opgeluister met staaltjies en stories en almal het die aand terdeë geniet. Die Kapteinsdinee het hopelik vir hom ʼn plekkie op die besige PRG-kalender oopgeskop.
Kliek hier om meer foto’s van die Kapteinsdinee te sien.
Foto’s: Digital Warehouse
Francois Schoombee, voorsitter-rugbykomitee
