Edition / Uitgawe Jun 2018

Omvattende meesterplan vir skoolkampus toegelig

At the Old Boys’ annual general meeting Paul Roos Gymnasium’s rector, Mr André van Staden, shed more light on a comprehensive master plan for the school’s campus. This plan, of which the roll-out already began, will not only ensure that the historic buildings on the campus will be properly maintained but will also create facilities that will keep the school at the cutting edge of education. Click here to see the plan.

“As deel van ons toekomsvisie vir Paul Roos het ons begin werk aan ʼn meesterplan vir die Paul Roos-kampus,” het mnr André van Staden by die Oudskoliere-unie se algemene jaarvergadering gesê.

“Eerstens, ons pragtige historiese geboue het instandhouding nodig.

“Tweedens, in die kompeterende “top-skool”-wêreld speel geriewe ʼn kardinale rol. Ons is besorg dat ons huidige geriewe ons nie in die kategorie plaas waar ons glo Paul Roos moet wees nie en dat dit ook nie in lyn is met die suksesse van ons oud-skoliere en die prestasies van die huidige Paul Roosers nie.

“Die meesterplan sal ons in die posisie plaas om ons momentum van uitnemendheid te ondersteun met die regte infrastruktuur.

“Graag deel ek met u in breë trekke die meesterplan, waarvan ek glo ons eers in die toekoms die volle waarde sal besef. Die meesterplan is ʼn oorhoofse plan (waaraan konstant gewerk sal word) wat in plek is vir die toekoms van ons kampus.

“Die meesterplan is ʼn bloudruk vir die toekoms, maar nie in ʼn vaste vorm gegiet nie,” het mnr Van Staden gesê.

 Die 0 – 5 jaar meesterplan                                                               

Volgens mnr Van Staden gaan daar in die eerste vyf jaar van die meesterplan, wat al reeds in werking getree het, op die opgradering van die koshuise, die modernisering van die winkel (Oom Polla) en die kafeteria, en die verbetering van sportfasiliteite gekonsentreer word.

Wat reeds afgehandel is, is die eerste fase van die koshuisopgradering. Prima se duiwehokke het aandag gekry en in totaal is 48 beddens oorgedoen. ʼn Gedeelte van Nova se ontspanningslokaal is omskep in twee dubbelkamers (4 beddens).

Die ses tennisbane het ʼn nuwe blad gekry en spreiligte is by twee van die bane aangebring.

In die Junie-vakansie, as die uitdaging om die nodige fondse te verkry oorkom kan word, sal die res van die ou ontspanningslokaal by Nova in koshuiskamers onskep word. Nuwe assistent-akkommodasie sal op die eerste vloer bo die nuwe ontspanningslokaal gebou word en die assistente se huidige akkommodasie sal in kamers verander word wat sowat twintig bykomende beddens vir kosgangers sal skep.

Die LPR-vierkant en die matrikulante se area sal ook aandag kry.

Ook in die visier is die vergroting en opgradering van die eetsaal, skep van oop stoepe, die opgradering van Oom Polla in ʼn moderne PRG-klerewinkel, die opgradering van Roosinbosch na ʼn moderne Paul Roos kafeteria-area, en die omskakeling van die lokale agter die Oud-Skoliere-kantoor in Musiek-onderriglokale.

Sportfasiliteite wat aandag gaan kry, is die Astro, die ontwikkeling van ʼn binnenshuise krieketsentrum met ʼn pawiljoen wat by die huidige paviljoen langs die Paul Roos-sentrum sal aansluit met maklike toegang tot die kleedkamers van die PRG-sentrum.

ʼn Krieketklubhuis sal bokant die binnenshuise krieketsentrum ontwikkel word. Een stel krieketnette sal na die ou skietbaan verskuif word.

ʼn Nuwe rektorswoning gaan gebou word.

In hierdie fase sal baie groen areas ontsluit word.

Master Plan 5 – 10 years                                                                              

Envisaged for this phase is:

  • The upgrading of the rest of the hostel rooms;
  • The building of a new hostel next to Nova;
  • Relocation of the swimming pool;
  • Upgrading the one story area of the LPR to double story;
  • Changing the old swimming pool into an auditorium that can house a grade group;
  • Building of a Tennis Club House and Pavillion;
  • The building of more staff accommodation;
  • Changing the top story of the Antonij Rupert Water Polo Complex into a gymnasium; and
  • A new pavilion to serve the new and old pool and squash courts.

Met die ontwikkeling van die meesterplan word ʼn bewegingsaar oftewel ʼn nuwe voetgangersroete geskep wat die akademiese gedeelte van die sportfasiliteite skei. Die voetgangersroete sluit aan by die universiteit se nuwe beoogde sportgeriewe.

Funksies wat op die voetgangersroete voorsien sal word, is inligtingsborde, die promovering van die skool se handelsmerk, water, vullisdromme met plek vir herwinbare materiaal, beligting, fietsgleuwe en ʼn fietsloods, sitplek, skadu en landskapering.

Die meesterplan lei uiteindelik tot ʼn soneringsplan vir die kampus waarin voorsiening gemaak word vir die akademiese gebied, sportgronde, koshuise, personeelakkommodasie en dienste.

Daar is ook vir Markötter ʼn meesterplan wat voorsiening maak vir ʼn nuwe parkeergebied en die uitbreiding van die Klubhuis (skep van Oud-Skoliere Klubhuis), asook ʼn nuwe gimnasium, nuwe kleedkamers en ʼn stoor in samewerking met ons vennote SAS.

Mnr Van Staden het toegegee dat die meesterplan in die lig van beperkte fondse idealisties kan wees, maar hy meen dat dit belangrik is om goeie beplanning in plek te hê as ons die mees gerespekteerde en suksesvolle seunskool in Suid-Afrika wees.