Die bekende regisseur en akteur Jan Engelen is onlangs oorlede. Hierdie foto uit sy matriekjaar is deur een van sy klasmaats op Facebook geplaas. Hy was die regisseur van televisiereekse soos Trompie en die Boksombende, Roep van die visarend en Seeduiker. Jan was die seun van prof. Fred Engelen, ʼn oud-hoof van die dramadepartement aan die Universiteit van Stellenbosch en die aktrise Tine Balder, albei afkomstig van België. Hy het as akteur in reeks soos Arende, die rolprent Genis en die sitcom Moeggeploeg opgetree.
Edition / Uitgawe
Jun
2018
