Edition / Uitgawe Jun 2018

Klas van 1988 onthou met ʼn gedenkbankie

Die klas van 1988 het op hul dertigjarige reunie in Maart vanjaar besluit om ʼn bankie te skenk, wat nou in die vierkant van die skool onder die groot wildepruimboom gesien kan word. Die bankie dra naamplaatjies met die name van hul klasmaats wat reeds oorlede is.