Marietjie Roos en haar kleinkinders John-Paul en Isla Roos, tans albei in Laerskool Stellenbosch, by portrette van hul beroemde voorsaat. Marietjie (gebore 1947) is die dogter van Pieter Kühn Roos, derde kind van Oom Paul Roos en ʼn Old Boy van 1937.

Vir ons Old Boys is dit altyd hartseernuus om van die afsterwe van iemand uit ons geledere te verneem. Maar ons weet dat die dood ʼn onvermydelike deel van ons aardse bestaan is. Continue reading In Memoriam
Die bekende regisseur en akteur Jan Engelen is onlangs oorlede. Hierdie foto uit sy matriekjaar is deur een van sy klasmaats op Facebook geplaas. Hy was die regisseur van televisiereekse soos Trompie en die Boksombende, Roep van die visarend en Seeduiker. Jan was die seun van prof. Fred Engelen, ʼn oud-hoof van die dramadepartement aan die Universiteit van Stellenbosch en die aktrise Tine Balder, albei afkomstig van België. Hy het as akteur in reeks soos Arende, die rolprent Genis en die sitcom Moeggeploeg opgetree.