
Die brons gedenkplaat wat die gebou gemerk het waarin die Gimnasium vir die eerste klompie jare van sy bestaan gehuisves was, is in 2010 gesteel, waarskynlik deur rondlopers wat dit as skroot verkoop het.
Omdat die bewoording nie aangeteken was nie, is die gedenkplaat nooit vervang nie.
Groot was ons vreugde toe prof. Louis du Plessis (klas van 1963) onlangs ’n foto van die gedenkplaat wat hy in 2003 gneem het, na die PRG Argief gebring het.
Die eerste Gimnasium-gebou het van Julie 1866 tot Julie 1874 as skool gedien. Dorpstraat 120-122 is net langsaan Voorgelegen en behoort tans aan Historiese Huise van Suid-Afrika, wat dit as woonstelle verhuur.
Dit sou wonderlik wees as hierdie gedenkplaat weer op die gebou aangebringkon word miskien in ’n minder steelbare materiaal soos hars.
Mariena Kotze
PRG Argief
