Edition / Uitgawe Mar 2019

1958-ers trek saam by De Zalze

In Februarie het ’n paar  manne van die 1958-klas weer opgeruk vir hul kwartaallikse ontbyt. Hierdie keer is daar op De Zalze se klubhuisstoep gekuier, en in Carl Vlok se woorde “lekker geëet, gesels en gelag en opgevang”.

Hulle is van plan om op 20 Junie weer so te maak.

Voor sit Carl Vlok, Wouter Pienaar en Robin Schott. Agter staan Danie Miller, Neels Grobbelaar en Johan de Villiers.