Edition / Uitgawe Jun 2019

Uitnodiging na Interskole-dinee op vooraand van stryd teen Grey Kollege

In die aanloop tot die jaarlikse stryd teen Grey Kollege oor die naweek van 16 en 17 Augustus, gaan die Old Boys nie net kragte op die gholfbaan meet nie, maar word daar ook ’n Interskole-dinee op Donderdagaand 15 Augustus aangebied. Die hoogtepunt van die aand is ’n paneelbespreking gelei deur Matthew Pearce waaraan bekende oud-spelers van albei skole gaan deelneem.

Paul Roos gee graag erkenning aan ons Interskole-dinee se ondersteunende borge. Baie welkom en dankie vir die ondersteuning aan:

  • Capepots, Old Boy Niel Volschenk (1998)
  • Meatsmiths, Old Boy Wimpy Steyn (1993)
  • Pick ’n Pay
  • Agility