Edition / Uitgawe Jun 2019

Voorsittersboodskap / Chairman’s Message

Dear Old Boy

The second term has come to an end and we had a very busy time.

We fielded an Old Boys team at the World Schools’ Rugby Festival at Markötter in March against Grey Bloem and unfortunately lost, but the game was played in good spirit. The rules stated only old boys over 35 and non-professional players may play and that ruled our ace, Schalk Brits, out!

Ons massa-reünie is deur sowat 50 persent meer Old Boys as verlede jaar bygewoon. Ons is van mening dat die klasreünies wat ook oor die naweek plaasgevind het, ’n groot bydrae gelewer het om ’n beter ervaring aan al die reüniegangers te gee, van sowel die OSU se kant as die skool. Daar was ’n bymekaarkoms in die Japie Krige in die oggend, waar die koor, die orkes en die rektor die manne vermaak het, voor die AJV en massa-reünie die aand.

Vanjaar was Etienne van Heerden en Koos Kombuis, albei 1972 matrieks, op die verhoog saam met Jean Meiring. Die vertellinge was baie genotvol en vol kwinkslae. Klik hier om die foto’s oop te maak en hier vir die Voorsittersverslag.

A sincere thank you to the 1974 and 1979 classes for their donations towards the Helene van Wyk Old Boys Benevolent Fund. We have started growing this fund.

Paul Roos Old Boys seem to be the better golfers: they are the winners for the third consecutive year this year against Boys High Paarl. Thanks to all who helped us to stay unbeaten in this hard-fought competition.

Staande: Jacques Potgieter, Riaan Marais, Boitjie Vermeulen, Gustav Potgieter, Juan Morisson, Gustav Potgieter jnr, Johan Conradie en Bles Kemp; en hurkende Gerrit Wessels, Malan Basson en Alfonso de Villiers.

Ons het ook besluit om die streke Pollas te doop en is besig om die nodige Old Boys-organiseerders te identifiseer en te nader. Hou asb julle e-pos dop en kom geniet ’n gesellige informele kuier saam met ander Old Boys in jou streek/Polla.

Voor: Niël Roode (2010), Johan Conradie (2009) en Francois Schoombee (1978); en

Agter: Flip de Bruyn (1991), Gustav Potgieter (1981), André van Staden (Rektor), Elza vd Walt (OSU-kantoor), Pieter-Jan Bestbier (1986) en Chris Theron (1991).

Op die derde kwartaal se agenda, is onder meer:

  • Die Londen-reünie op 4 Julie;
  • Die Interskoledinee op 15 Augustus; en
  • Gholf teen Grey Bloem op 16 Augustus.

May you all have a wonderful winter holiday and if you travel, please travel safe.

Groete van jul komitee.

Gustav Potgieter
0833021525
gustav@aurumtrust.co.za