Edition / Uitgawe Mar 2020

Doen aansoek vir die Rhodesbeurs

Applications are now awaited for the sought after Rhodes Bursary, which is annually awarded to a former student of Paul Roos Gymnasium or its sister schools in Stellenbosch – Rhenish Girls High and Hoër Meisieskool Bloemhof.

Paul Roos Gimnasium en sy twee susterskole, Rhenish en Bloemhof, is net een van vier skoolgroeperings in die wêreld aan wie die Rhodesbeurs jaarliks toegeken word. Die ander skole is Diocesan College (Bishops), South African College School (SACS) en St Andrew`s College in Grahamstad.

Daar is wel geleentheid ook vir ander belowende studente. Tans is daar meer as 90 beurse wat wêreldwyd toegeken is.

Enige oud-Paul Rooser wat sy graadkursus voltooi het, het die geleentheid om aansoek vir die beurs te doen om aan Oxford te gaan studeer.

Die volgende kriteria geld vir kandidate:

  • Die voltooiing van drie studiejare (insluitende matriek) aan Paul Roos Gimnasium of sy susterskole;
  • Die verwerwing van `n graad voor hy of sy aan Oxford begin studeer, m.a.w. ‘n kandidaat moet minstens in die finale jaar van studie vir sy/haar graad wees wanneer aansoek vir die Rhodesbeurs gedoen word;
  • Hy of sy moet binne ‘n bepaalde ouderdomsgroep val op 1 Oktober in die jaar na die toekenning van die beurs, naamlik reeds 19 jaar oud en jonger as 25 jaar wees.
  • Mediese studente moet jonger as 28 jaar wees op 1 Oktober van die volgende jaar na beurstoekenning.

Rhodes se wens was dat afgeronde studente bemagtig sal word om hul invloed deur die hele wêreld te laat geld en het juis die idee gehad dat die afgestudeerde studente na hul vaderland sal terukeer om die nodige invloed daar uit te oefen.

Die geleentheid om aansoek te doen vir die beurs, moet deur elke student aangegryp word.

Enige navraag kan direk aan die skool gerig word by info@paulroos.co.za of kbadenhorst@paulroos.co.za.

Lees meer oor die Rhodes-verbintenis en al die skoliere wat tot nou al die Rhodes-beurs gekry het, op https://paulroos.co.za/rhodes-connection/.