Die datum van die Paul Roos Gimnasium Old-boys Rugbykomitee se jaarlikse Gholfdag op die Stellenbosch-gholfklub is tot Donderdag 26 November 2020 aangeskuif. Hopelik gaan omstandighede dit dan toelaat om ‘n prysuitdelingsfunksie na afloop van die gholfdag, te hou.
Dit sal die derde keer wees dat hierdie gholfdag gehou word om geld in te samel vir die bevordering van rugby in al sy fasette aan Paul Roos Gimnasium.
Klik hier om die uitnodiging na die gholfdag te sien. Skryf nou in vir dié gholfdag. Rig navrae aan oldboys@paulroos.co.za of oldboys2@paulroos.co.za
Ons sal nader aan die tyd alle deelnemers op die hoogte van reëlings bring.
