Edition / Uitgawe Oct 2020

PRG Sake-netwerk ondervind net positiewe “groei-probleme”

PRG Old Boys Business Network founder, Etienne Beneke (1988), is satisfied that the Facebook group is fulfilling its role but proposes in view of the popularity of Whatsapp groups that a different approach be followed, i.e. that the FB group is used as the hub where one first go and look for a product or a services before you go elsewhere. He invites comment on his idea.   

Op 2 Desember vier die PRG Old Boys Network op Facebook sy eerste jaar. Daar is tans 943 lede. Die groep se ontstaan was te danke aan  eerstens, ‘n behoefte by ouens om dienste te bekom of om dienste te adverteer op ‘n platform wat die meeste Old-boys reeds gebruik en  tweedens om te sorg dat Old-boys eerder mekaar in besigheid sal ondersteun voordat hul produkte of dienste elders verkry of soek.

In sekere opsigte werk ons Facebook-groep redelik goed, want dit is maklik om advertensies te “repost”, te “share” en mense te “tag”. Maar Facebook werk ook minder  doeltreffend as ‘n toepassing (app) byvoorbeeld, veral as jy kyk hoe mense WhatsApp deesdae gebruik.

Een nadeel is dat alle advertensies of plasings op Facebook afskuif ondertoe. As iemand vir ‘n dag of wat nie op Facebook was nie, is die kans goed dat hulle nooit die advertensies wat toe geplaas is, sal sien nie. ‘n Mens moet dus redelik gereeld na die groep se Facebook-blad gaan kyk en dit is nie altyd moontlik nie. Daar is wel ‘n soek-opsie wat plasings soos braaihout, diefwering, blindings, in- en uitvoere,  ensovoorts kan opspoor.

Facebook was aanvanklik ‘n logiese platform vir hierdie groep, omdat daar nie regtig enigiets anders was om ons manne bymekaar te bring nie.

Intussen het baie Pollas en jaargroepe hul eie WhatsApp-groepe ontwikkel waar Old-boys mekaar oor dienste en produkte uitvra en selfs dit aanbied. Ek weet egter nie of PRG Old-boys eerste opsies hier kry nie en of dit gemik is om spesfiek Old-boys te ondersteun nie.

‘n Ander aspek is dat waar Facebook nie “invasive” is nie, is WhatsApp ‘n platform met “notifications” wat mense onmiddellik in kennis stel en dit kan baie besig raak as die manne eers passievol begin gesels oor dit en dat. Baie manne verkies om nie deel van so groep te wees nie, want dit bly nie altyd by net besigheid nie. Die aard van WhatsApp beteken dat jou foon redelik besig bly enige tyd van die dag of nag, terwyl Facebook ‘n keuse bly om te besoek.

Aan die ander  kant is WhatsApp vars, en as enigeen vinnig ‘n reaksie  of antwoord soek, kry hy dit min of meer onmiddellik. Dit is wanneer WhatsApp beter as ‘n Facebook-groep werk.

Ek sou wou sien dat ons Facebook-groep eerder ‘n “hub” word waar Old-boys besigheidsinligting, geleenthede, foto’s, vergaderings, ensovoorts aanbied en stoor. Old-boys moet dan eers op die Facebook-groep vir ‘n spesifike diens of produk soek voordat hulle êrens anders gaan.

Ons het byvoorbeeld die afgelope tyd verneem dat Old-boys wat hout verkoop het in die Covid-grendeltyd, baie manne bereik met hul advertensies op Facebook en goeie sake gedoen het.

Voorbeelde van plasings