Edition / Uitgawe Apr 2021

Dirk Oosthuizen (1949)

Dirk Oosthuizen (1949) is op 24 Desember 2020 aan natuurlike oorsake oorlede. Hy was ‘n stoere Paul Rooser en het altyd groot waardering gehad vir wat sy Alma Mater vir hom as jong kind beteken het.

Hy was in Prima-koshuis en het graag wanneer ons met vakansie was vir die kinders kom wys waar hy tuis gegaan het en staaltjies vertel oor die verhuising na die verskillende skoolgeboue. Dit was vir hom ‘n besondere voorreg dat ons seun, Johann Grobbelaar, ook sy matriek in 1985 aan Paul Roos kon aflê. Johan is in 1988 oorlede.

Dit is maklik om te sê Dirk was pligsgetrou. Waar hy ook al gewoon en gewerk het, het hy deelgeneem aan aktiwiteite. Hy het onder meer op die moderamen gedien van die NG Kerk, was raadslid op Stellenbosch en later ook in die Wynland-distriksmunisipaliteit, waar hy onder-burgemeester was. Hy was ook vroeër voorsitter van die Kajuitraad in Durban. Op elke plek waar hy gewoon het, was hy betrokke by die Afrikaanse Sakekamer en op die finansiële komitee van talle kerkrade gedien, van Stellenbosch tot in Salisbury (nou Harare).

Hy was tot in sy laaste dae dankbaar vir almal wat op sy pad vir hom gehelp, ondersteun en bygestaan het.

Petrusa Oosthuizen (sy eggenote)