Die OSU vier in 2026 sy eeufees. PRG het een van die oudste OSU-unies in die land. Ons OSU het oor die jare so bekend geword dat baie skole by ons kom kers opsteek oor ons werksaamhede.
Die gedagte is om vir die eeufeesjaar ‘n digitale boek saam te stel uit stories en bydraes wat van Old Boys, oud OSU-komiteelede, onderwysers en oud-onderwysers ontvang word. In die volgende nuusblog (Junie 2021) vertel ons meer oor die konsep vir die boek en waarna ons op soek is.
Intussen verwelkom ons alle voorstelle en selfs bydraes. Stuur dit gerus na Elza by die Old Boys-kantoor of die Old Boys-nuusblogredaksie: hugom.truter@gmail.com
